Centurion se gunsteling
kleuterskool sedert 1961

Vandag se voorbeeld. Môre se maatstaf.

Oor Ons

Bambi voorsien al vir meer as twee en sestig jaar ‘n tuiste vir Centurion se babas en kleuters en is trots daarop om ‘n skool van gehalte te wees. Ervare, goedgekwalifiseerde en toegewyde onderwyseresse onderrig en sien met liefde om na leerders in ‘n kindervriendelike omgewing met ‘n lieflike groot, boomryke en moderne speelarea met goeie sekuriteit.

By Bambi streef ons daarna om elke leerder met liefde te ondersteun en te lei in die proses tot skoolgereedmaking en dat hul vormingsjare by Bambi ‘n onvergeetlike ervaring sal wees.

Hoewel ons elke jaar ‘n amptelike en prettige opedag aanbied, is ouers welkom om enige dag in te loer om meer oor die skool te leer en die skoolhoof te ontmoet.

 

INKLUSIEF

Bambi erken die uniekheid van alle babas, peuters en kleuters ten opsigte van persoonIikheid-samesteIlings, leerstyl voorkeure, omgewings voorkeure, leermodaliteits voorkeure, brein voorkeure en veelvuldige intelligensies.

UITDAGEND

Leerders moet geleenthede gegun word wat as uitdagings dien vir die ontwikkeling tot ‘n hoër fase. Ons skool bied ‘n veilige uitdagende omgewing, sodat leerders met selfvertroue met formele onderrig in graad 1 kan begin.

STIMULEREND

Babas, peuters en kleuters is stimulusgebonde en moet voortdurend gestimuleer word vir optimale leer. Bambi bied stimulerende onderrig wat erken dat elke leerder leer en ontwikkel volgens sy of haar eie pas.

Kleuterskool krities na Covid

Skoolsluitings as gevolg van die Covid-19 pandemie het tot groot leeragterstande gelei insluitend kognitiewe funksie, probleem oplossing vermoë, sosiale ontwikkeling, en selfs groot- en kleinmotoriese vaardighede. In 2019 het ‘n gemiddeld van 29% van kleuterskoolleerders ‘n agterstand in geletterdheidsvaardighede gehad, waar hierdie persentasie gestyg het na 37% in 2020, en verder na 47% in 2021.Die meerderheid kinders het aansienlike onderrigtyd verloor en is moontlik nie gereed vir kurrikulums

wat ouderdoms- en graadgepas was voor die pandemie nie. Meeste kinders benodig remediërende instruksies om weer op koers te kom. Bambi glo onwrikbaar dat die akademiese ontwikkeling van leerders vanaf 3 maande tot ses jaar ons spesialisgebied is. Ons is ingerig om elkeen van hierdie moontlike agterstande te hanteer en te korrigeer deur deeglike formatiewe monitering en onderrig. Emosionele en sosiale stabiliteit is ʼn voorvereiste vir leer, om te speel is om te leer, en so word ons lag-lag skoolgereedheid!

Hoor van ons gelukkige ouers

Nicky MarxOuer
Read More
Beste skooltjie ooit… Sal enige tyd aanbeveel
Michelle van Graan NelOuer
Read More
Beste skool en sal altyd wees. Ek en my oudste dogter was beide ‘n Bambi maatjie gewees.
Annare SteynOuer
Read More
Wonderlike skool en onderwysers. My kind ontvang elke dag Christelike onderrig met liefde.
Elmien WehnckeOuer
Read More
My kinders is gelukkig, ek is gelukkig. Hulle leer elke dag iets nuuts en wil skool toe gaan in die oggend.
Marizaan KuitOuer
Read More
Beste skool in Centurion. My kind wil nou met alle geweld skool toe gaan, al is dit naweek. Die juffrouens ken elke liewe kind se naam in die skool.
Previous
Next

Kontak Ons